lang="en-GB"lang="en-GB"UTF-8 https://butterflyclassrooms.co.za/xmlrpc.php Quizlet - ideaal vir Eerste additionele Taal - Butterfly Classrooms class="post-template-default single single-post postid-518 single-format-standard"csstransition cmsms_responsive cmsms_liquid fixed_header enable_logo_side 100

Quizlet – ideaal vir Eerste additionele Taal

518class="post-518 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-afrikaanse-artikels category-classroom-activities category-apps-sites category-technology-teachers tag-afrikaans tag-resources"
September 4, 2018

Een van die grootste probleme wat Afrikaanse onderwysers ervaar is die tekort aan elektroniese bronne in Afrikaans. Hulle kyk altyd vir my met beskuldigende oë as ek ‘n nuwe idee of app aan die personeel bekend stel, wat weereens in Engels is. En hulle is reg, as jy Engels gee het jy omtrent ‘n hele wêreld se bronne om vanuit te kies. Die Afrikaanse poel is heelwat kleiner. Maar as jy versigtig soek dan is daar tog ‘n klomp maniere wat jy die internet kan gebruik om jou Afrikaanse klas meer aktief te maak.
Toe ek die eerste keer op Quizlet afkom was my eerste reaksie: “Dis nou ideaal vir Eerste Addisionele Taal”. (BTW dit is ook great vir ‘n hele klomp ander vakke)

Quizlet is ‘n aanlyn weergawe van traditionele flitskaarte, waar jy aan die eenkant die woord in Afrikaans skryf en aan die ander kant die woord in Engels. Maar aangesien dit aanlyn is neem dit, dit bietjie verder.Stap 1 gebruik jy die filstkaarte om te leer,

maar dan neem dit jou deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite/speletjies gebaseer op daardie woorde.
Vanaf ‘n toets waar Quizlet vir jou die een woord gee en jy moet die vertaling intik,

tot ‘n spoedspeletjie waar jy probeer om elke woord en sy vertaling so vinnig as moontlik by mekaar te kry (jy sal nie glo hoeveelkeer ek dit oorgespeel het om te kyk of ek my tyd kan verbeter nie.)

Tips vir Afrikaanse onderwysers

 

Om van Quizlet gebruik te maak het jy ‘n rekening nodig, maar as jy alreeds a GAFE rekening het, kan jy sommer direk daarmee aanteken. Die basiese weergawe is gratis, maar as jy die gevorderde tools will hê moet jy opgradeer teen $24.99 per jaar. Dit gee vir jou die opsie om prentjies by jou kaarte te voeg en ook om te sien wat jou hoe jou klas vaar. Tot dusver het die basiese Quizlet nog aan al my behoeftes voldoen, maar soos ek dit meer gebruik sal ek dit moet oorweeg om op te gradeer.Wat dit nog beter maak is dat dit uiters maklk is om ‘n stel flitskaarte op te stel. Daar is twee kolomme en al wat jy moet doen is om die Afrikaanse woorde in die een kolom te tik en die

Engelse vertaling in die ander. (Protip – moenie jou pak meer as 20-25 kaarte maak nie, eerder meer kleiner pakkies as een groot pak, dit gee leerders meer positiewe terugvoer)

 

Sodra jy die pak gemaak het kan jy dit met jou hele klas deel. ‘n Goeie plan sal wees vir elke onderwyser in die Afrikaanse departement om verantwoordelikheid te neem vir die opstel van kaartpakke vir ‘n spesifieke graad en dit dan met die ander onderwysers te deel. Leeders kan ook hulle eie pakke maak en dit of net met jou deel of met die hele klas.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

cmsms_color_scheme_footer cmsms_footer_smallPrivacy Policy | Butterfly Classrooms © 2017 | All Rights Reserved