lang="en-GB"lang="en-GB"UTF-8 https://butterflyclassrooms.co.za/xmlrpc.php Aanlyn gesprekke - Butterfly Classrooms class="post-template-default single single-post postid-511 single-format-standard"csstransition cmsms_responsive cmsms_liquid fixed_header enable_logo_side 100

Aanlyn gesprekke

511class="post-511 post type-post status-publish format-standard hentry category-technology-in-the-classroom"
September 4, 2017

Vandag het ek die kans gekry om die internet op ‘n ideale wyse in te span in ‘n Afrikaanse klas. Ek het besluit om te kyk hoe suksesvol ‘n aanlyn gespreksforum kan wees. Ek het in Google Classroom aan die leerders die vraag gestel: “Watter persoon sou jy graag wou ontmoet? Motiveer jou antwoord in 3-4 sinne. Nadat jy geantwoord het, lees deur jou klasmaats se antwoorde en reageer daarop.” 

Binne sekondes was die klas doodstil en elkeen was kliphard opsoek na die woorde om te sê wat hulle wil. Die feit dat hulle weet hul antwoord gaan deur hul klasmaats gelees word het net daardie bietjie ekstra motivering gebied. 
As ‘n ekstra bonus kon ek na die tyd deur hulle antwoorde lees en vir elkeen iets positief terug skryf. 
Dit is oomblikke soos die wat my weeeens oortuig dat die integrasie van tegnologie in die klas tot almal se voordeel is.  

Leave a Reply

Your email address will not be published.

cmsms_color_scheme_footer cmsms_footer_smallPrivacy Policy | Butterfly Classrooms © 2017 | All Rights Reserved