Terwyl ek besig is om eksamen toesig te hou, kyk ek na die opstel onderwerpe. Daar is altyd een onderwerp wat betaan uit ‘n prentjie wat jou moet inspireer. Toe wonder ek waarmee die kinders sal voorendag kom as jy vir hulle iets soos hierdie gee as opstel onderwerp.
Mens kan dit ook omdraai en vir die leerders vra om die hoofmomente in ‘n kortverhaal deur emojicons weer te gee. Ek het ‘n vermoede dit sal mens nogal lekker laat dink.
As een van julle al so iets probeer het, sal ek graag wil hoor hoe dit gegaan het.
Leave a Reply