lang="en-GB"lang="en-GB"UTF-8 https://butterflyclassrooms.co.za/xmlrpc.php VAW Skolekongres 2018 - Weskaap - Butterfly Classrooms class="post-template-default single single-post postid-2722 single-format-standard"csstransition cmsms_responsive cmsms_liquid fixed_header enable_logo_side 100

VAW Skolekongres 2018 – Weskaap

2722class="post-2722 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-professional-development-for-teachers category-technology-teachers tag-21st-century-skills tag-afrikaans tag-professional-development"
August 23, 2018

Oor die afgelope twee dae het ek die vorige gehad om Solidariteit se Skole Ondersteuning Sentrum kongres in die Wes-Kaap by te woon. Hierdie kongres het oor die afgelope paar jaar gegroei na die must-attend geleentheid vir Afrikaanse onderwysers. Waar dit eens net gefokus het om Wiskunde en Afrikaans, is daar vanjaar ook sessies vir Rekeningkunde, Wetenskap en Grondslagfase onderwysers.

As jy van die inligting wat ek in my sessies gedeel het soek, scroll af en jy sal beide Slideshows met al die inligting kry.

Die SOS-kongres is elkejaar ‘n hoogtepunt op die kalendar van menigte afrikaansprekende onderwysers. Ons is so gewoond daaraan dat alle kongresse en ander opleidingsessies wat ons bywoon is in Engels, dat dit heerlike om vir ‘n slag in Afrikaans te kan gesels. En ek moet die SOS komplimenteer, hulle doen wonderlike werk om bronne en opleiding vir onderwysers in Afrikaans beskikbaar te stel.

Maar uiteindelik is dit nie die taal wat jy onthou nie, maar die interessante sessies wat aangebied is. Ek was in elke sessie te minste met een wiskundige feit of pedagogiese idee gekonfronteer wat my kop geswaai het.

Ek het self die geleentheid gehad om twee sessies aan te bied. In Behoeftes, Begrotings en Besluite het ons gekyk na watter kriteria jy moet gebruik wanneer jy besluit om ‘n nuwe app, program of tool te gebruik. Alhoewel digitale gereedskap die fokus van die sessie was, is die kriteria net soveel van toepassing op alle ander gereedskap wat jy in jou klas gebruik.

Maar die hoogtepunt van die kongres was vir my toe ek ‘n volgepakte lokaal kon bekendstel aan Desmos. Daar is niks so lekker as om ‘n amazing produk met ander onderwysers te deel nie. Voor ons ons oe kon uitvee was die 50 minute verby. As jy nie my sessie kon maak nie, is jy welkom om die klas kode in die Slideshow te gebruike en self bietjie met Desmos te speel.

Ek sien al klaar uit na volgende jaar se kongres.

Vetpret met Funksies

eLeer: Behoeftes, begrotings, besluite

Leave a Reply

Your email address will not be published.

cmsms_color_scheme_footer cmsms_footer_smallPrivacy Policy | Butterfly Classrooms © 2017 | All Rights Reserved