Butterfly Classrooms op RSG

September 2, 2018

As daar een ding is waaroor almal opinies het, dan is dit onderwys en as dit kom by wiskunde onderrig, nog meer so. So toe ek gevra is om deel te neem aan ‘n gesprek oor die stand van wiskunde onderwys in Suid-Afrika op RSG se program Ons en die Onderwys,het ek gedink dit gaan sommer baie maklik wees. Toe nou nie. Tien minute was net te kort om alles te se wat ek wou, toe dag ek ek sit die gesprek hier voort.

Hier is ‘n opname van die gesprek met myself en Valentyn van der Merwe van die Skole Ondersteuning Sentrum(SOS) se Vereeniging van Afrikaanse Wiskunde onderwysers.

Hoe vergelyk ons wiskunde onderrig internasionaal?

Die internasionale verslae is skets nie ‘n mooi prentjie nie. Die nuutste Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS 2015) plaas Suid Afrika tweede laaste uit die 36 lande wat deelgeneem het.

Kliek hier vir die volledige TIMSS 2015 verslag

Maar beide ek en Valentyn stem saam dat dit nie die hele prentjie is nie. Soos so baie dinge in ons land is daar ‘n wye gaping tussen wat in die top skole en die res van die land gebeur. Leerders in ons beste skole kry wiskunde onderrig wat vergelykbaar is met die beste in die wereld en baie van hulle gaan verder om met groot sukses by universiteite in die VSA, Vereenigde Koninkryk en Europa te studeer. Maar die meerderheid leerders in Suid-Afrikaanse skole se wiskunde onderrig is maar power.

Alhoewel die sukses wat ons topskole behaal gewoonlik toegeskryf kan word aan toegewyde wiskunde onderwysers, kan die redes hoekom die res van die skole disfunksioneel is, as dit by wiskunde kom, in strukturele en maatskaplike probleme gevind word.

Valentyn haal ‘n verslag van Nic Spaul van die Universitiet van Stellenbosch aan wat bevind het dat ‘n graad 6 wiskunde onderwyser in Kwintiel 1-3 skole gemiddelde 23 dae per jaar afwesig is teenoor die 11 dae in Kwintiel 1-2 skole. Ek moet hier byvoeg dat in my ervaring nie een van die wiskunde onderwysers wat ek ken eers 11 dae per jaar afwesig is nie. Dit is eenvoudig nie moontlik om die kurrikullum klaar te maak as jy 11 dae verloor nie, wat nog te se van 23 dae.

‘n Ander faktor wat ‘n groot rol speel is die taal van onderrig. Die meerderheid leerders in Kwintiel 4-5 skole gaan skool in hulle moedertaal, synde Afrikaans of Engels. In die res van die skole vind onderrig meestal plaas in die leerders en onderwyser se tweede en selfs partykeer derde taal. Ek is op die oomblik gefasineer deur  Cognitive Load Theory en hoe dit wiskunde onderrig beinvloed. Kombineer die kognitiewe las van ‘n tweede taal met die van ‘n moeilike wiskunde konsep en dit is amper onmoontlik vir leer om plaas te vind.

En dan praat ek nie eens van die olifant in die vertrek nie, die feit dat daar teveel konsepte in die wiskunde kurrikullum is vir die tyd wat ons het om dit te doen. Vra enige wiskunde onderwyser en hulle sal vir jou se dat dit die grootste probleem met Wiskunde in Suid-Afrika is.

Wat kan jy in jou klas doen?

Aan die kurrikullum kan ons nie veel doen nie, dieselfde geld vir die gebrek aan basiese vaardigehede en die maatskaplike omstandigehede van ons leerders. Maar daar is ‘n paar goed wat jy in jou klas kan doen om te verseker dat jou leerders die beste moontlike wiskunde onderrig kry.

  • Maak seker dat jy die maksimum onderrig tyd het. Volgens die kurrikullum behoort graad 10-12 leerders 4,5 ure per week vir 40 weke van die jaar wiskunde he. Ek weet nie van een skool wat daarby kom nie, maar druk vir soveel as moontlik tyd en maak seker dat elke oomblik in die wiskunde klas benut word.
  • Gebruik tegnologie waar jy kan om tyd te bespaar. Een van die areas waar tegnologie ‘n groot verskil kan maak is die inoefening van basiese konsepte, die outomatiese merk daarvan en onmiddellike terugvoer. Moenie dat jou kosbare tyd spandeer word om veelvuldige keuse vra te merk nie.
  • Gebruik tegnologie om konsepte aan mekaar te verbind en vinnige voorbeelde te genereer. Desmos is die ideale tool om vir leerders te wys hoe vergelykings en funksies met mekaar skakel. Dit gee jou ook die geleentheid om diepte aan lesse te gee.
  • Doen moeite met jou eie professionele ontwikkeling veral as dit kom by wiskunde pedagogiek. Net omdat jou wiskunde onderwyser iets om ‘n spesifieke manier verduidelik het, beteken nie noodwendig dat jy dit so moet doen nie. Hier is ‘n paar boeke wat elke wiskunde onderwyser moet lees:

Disclaimer: If you click on any of the books and buy a copy from Amazon, Butterfly Classrooms will receive a small commission on the sale, at no extra cost to you. 

  • Werk saam met ander onderwysers, deel, vra vrae. Net soos daar baie te leer is uit boeke is daar nog meer wat jy kan leer van kollegas. Jy kan jou professionele ondersteunings netwerk op verskeie maniere uitbou, woon kongresse by, word ‘n lid  van die VAW, neem deel aan gesprekke op Twitter (volg #ZAEdu) of sluit aan by die Facebook groep Wiskunde Onderwysers in Suid-Afrika. Moet nooit ‘n kans laat verby gaan of te trots wees om ‘n vraag te vra nie.

Laaste maar nie die minste nie, wees passievol oor jou vak. Jy besef dit nie altyd  nie, maar jy is baie keer die enigste persoon wat jou leerders ken wat positief en passievol is oor wiskunde. Hulle koppe word elke dag vol geprop met boodskappe dat wiskunde moeilik is, dat almal wiskunde haat, dat jy dit nooit weer gaan gebruik nie. Wees ‘n advokaat vir wiskunde.

Leave a Reply

Your email address will not be published.